​20 wenke om jou huis se waarde te verhoog (deel 2)

Johannes van Graan Johannes van Graan
Parquet de madera, Timberplan Timberplan جدران
Loading admin actions …

Indien jy alreeds die eerste 10 wenke oor hoe om jou huisprys te laat styg gelees het, gaan jy beslis nou ‘n paar nuwe idees bykry. Deel 2 sluit in, onder andere, wenke oor jou tuin, so maak solank seker jou graaf en gieter is byderhand! 

Kom ons gaan voort…

11. Las nog ‘n badkamer (of stort) by

As jy die spasie het, is ‘n ekstra badkamer (of sommer net ‘n stort) een van die beste maniere om daai huisprys te verhoog.

12. Verfris jou tuin

Jy hoef glad nie die hele tuin oor te doen nie; sorg maar net dat als vars en kleurvol is, en verwyder enige dooie plante wat jou tuin verlep laat lyk. En hou asseblief die grasperk kort en netjies.

13. Hou die voorkant netjies

Jou huis se voorkant is natuurlik die eerste deel wat eiendomsagente en moontlike kopers in vaskyk, en dis hoekom jy nie kanse hier kan vat nie. 

So, sorg dat alle vensters, paadjies, opritte en erwe aan die voorkant so netjies en skoon as moontlik is.

14. Kry ‘n sonkamer

حديث تنفيذ homify, حداثي

‘n Sonkamer of stoepkamer bied baie potensiaal vir ontspanning en kuier, daarom is dit geen verrassing dat soveel mense een laat aanbou nie. 

Kyk watse styl (klassiek, modern, ens) die beste by jou huis gaan pas.

15. Hê ‘n fokuspunt

‘n Mooi fokuspunt wat lekker uitstaan gaan sorg dat eiendomsagente en moontlike kopers jou huis beter onthou as ander s’n. 

Dink aan dinge soos ‘n mooi kaggel, ‘n muur in ‘n treffende kleur, ‘n deftige lig by die ingangsportaal, of enigiets wat lekker aandag sal trek (en waarde sal toevoeg).

16. Sorg vir lekker baie spasie in jou agterplaas

As jou agterplaas lekker groot is, sorg dat dit ruim en netjies voorkom. Moontlike kopers kan lekker droom terwyl hulle jou huis besigtig en kan, byvoorbeeld, beplan om ‘n nuwe swembad of braai area in te sit – maar daarvoor kort hulle, natuurlik, oop spasie.

17. Versier die binnekant

Victoria suite homify حمام دوش وأحواض إستحمام

Baie huise het een of twee dinge wat ‘n paar wenkbroue sal laat lig (en nie op ‘n goeie manier nie), soos daai ou groen baddens van lank lank gelede. En let op dat daar ‘n verskil is tussen “vintage” en “stokoud”. 

Breek uit, breek af en bou in sodat jou huis se styl kan inpas by die moderne norm van vandag.

18. Sorg vir genoeg parkering

Hoe lyk jou oprit op die oomblik? Is dit skoon en veilig? Is daar genoeg parkering vir vriende en familielede wat kom kuier? Hierdie is beslis vrae wat moontlike intrekkers hulself ook gaan vra.

19. Sorg vir ekstra stoorplek

Jy weet nooit hoe baie goeders die nuwe intrekkers gaan hê nie, en dis hoekom ekstra stoorplek altyd ‘n pluspunt is. 

Dus, hang gerus ‘n rak of twee aan enige leë mure in jou huis om sy waarde te laat klim.

20. Gee jou huis ‘n ietsie ekstra

Wat gaan jou huis laat uitstaan van die res? Al is dit ietwat klein, kan jou sitkamer se houtvloere, byvoorbeeld, moontlike kopers se aandag beter trek as die vorige huis wat hulle bekyk het. 

Ander ekstra goedjies wat ook ‘n verskil kan maak is mooi vensters, moderne badkamers en kombuise, ‘n skoon en netjiese buitekant, ‘n swembad, ens. 

Al hierdie dinge, en nog meer, kan definitief meer waarde aan jou huis se prys heg, en ‘n klein belegging vandag sommer laat groot uitbetaal in die toekoms!

Indien jy die eerste deel gemis het, vang sommer dadelik op met 20 wenke om jou huis se waarde te verhoog (deel 1).

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا