​11 maklike idees vir jou huis se styl buite

Johannes van Graan Johannes van Graan
GLS Mamurbaba Villaları 6 No'lu Villa, NAZZ Design Studio NAZZ Design Studio منازل
Loading admin actions …

Ons almal wil graag in huise bly wat aandag trek op ‘n goeie manier, maar natuurlik vat dit baie meer as ‘n mooi mat in jou sitkamer of ‘n netjiese eetkamer waar jy jou gaste vermaak. Daardie buitekant van jou huis speel ook ‘n groot rol – iets wat baie min mense, ongelukkig, besef!

Gelukkig is ons propvol idees hier op homify, soos hiérdie 11 voorbeelde oor hoe om jou huis se buite-ontwerp meer aanloklik kan maak, wat jou sommer lekker gaan inspireer…

1. Hierdie oop en ruim parkeerarea lyk net so skoon en netjies soos die voorste tuin, om nie eers van al daardie aantreklike boumateriale te praat nie.

2. ‘n Tuin hoort nie net in die agterplaas nie. Jy wil mos jou gaste verwelkom met vars kleure en geure, of hoe?

Reforma de vivienda con etiqueta de eficiencia energética A (Gran Alacant, Santa Pola), Novodeco Novodeco شبابيك

3. Kyk net hoe mooi slaan al daardie groenigheid deur – ‘n heel treffende kontras by al daardie moderne materiale en kleure.

4. Moenie vergeet dat daar miljoene opsies vir jou voordeur ook is nie, soos hierdie onvergeetlike hout ontwerp.

5. Veiligheid is natuurlik noodsaaklik, maar dit beteken nie dat jou heining en hek lelik hoef uit te staan nie.

6. Ons sê nie jy moet bos gaan met reënboog kleure nie, maar ons sê ook nie dat neutrale kleure jou enigste opsie is nie!

7. Die minimalistiese styl met monochroom kleure is ‘n wenner opsie vir wanneer jy wil hê jou huis moet skoon en elegant voorkom.

8. Vir effektiewe kleur kontras, stel ons voor jy voeg koel en warm kleure bymekaar, soos hierdie vars groen by die helder pienk.

9. Dink aan praktiese maniere om jou ingangsarea meer stylvol te maak, soos rankplante wat koelte én varsheid verskaf.

10. Hout is definitief een materiaal wat soveel verskillende opsies bied, van rustiek en modern tot Skandinawies en Asiaties.

11. Vensters speel net so grool rol – kyk hoe lok hierdie oulike houtraam-vensters mens na binne om maar van die huis te wil beloer.

Clement EB24 steel windows homify شبابيك

Vir meer inspirasie, kyk gerus na Die pragtigste huis in die Kaap.

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا