​Die huis met perfekte uitsigte

Johannes van Graan Johannes van Graan
Villa aan de Costa Brava, Hamers Arquitectura Hamers Arquitectura منازل
Loading admin actions …

Vandag op homify 360° reis ons na Nederland om na een van Hamers Architects se ontwerpte te kyk: a heel moderne huis wat spasie en styl perfek kombineer.

Hierdie spesifieke ontwerp herinner ons hoe belangrik dit is om vars lug en mooi uitsigte na binne te bring, en laat die huis se koel faktor nog meer styg deur middel van ‘n swembad wat uitkyk oor die stad.

Loer gerus!

‘n Interessante styl

Dis mos nou nie aldag dat mens ‘n huis sien wat lyk asof dit so netjies opgestapel is nie, en dan voeg hierdie een ook nog ‘n klipperige en opdraende terrein by – ‘n heel unieke voorkoms, of hoe? 

Soos ons kan sien, is die garage heel voor en onder, en trek dadelik ons aandag met daardie donker kleure. En kyk net hoe stylvol is die buitenste kleurskema, so asof die huis al hoe ligter word hoe meer mens opbeweeg.

Pragtige uitsigte

Aan die agterkant kan ons sien hoe baie vensters en glasdeure geniet hierdie huis, wat beteken die binnekant behoort gemaklik (en stylvol) lig te wees. Maar wat ons rerig aantrek is ook die treffende uitstigte wat die inwoners kan geniet, maak nie saak op watse vlak hulle is nie.

Oop spasies

Ons was reg – die binnekant is heel lig danksy al die vensters en glasdeure! Maar wat dit natuurlik aanhelp is die ligte neutrale kleure van die vloere, mure en plafon wat die lig nog meer rondversprei. 

Watse soort meubels sal jy sê pas die beste hier? Modern? Wat van rustiek of klassiek? Watse kleure gaan die lekkerste uitstaan? En hoe sal jy daardie lieflike balkon optower?

Die skitterende kombuis

‘n Spierwit kombuis is nie baie prakties nie – dink net hoe dit gaan lyk na een ordentlike kook- of baksessie! Gelukkig het die ontwerpers van hierdie spasie vooruit gedink en met ‘n ligte grys kleurskema gegaan wat nog steeds modern en elegant voorkom.

Uiteindelik: die swembad!

Ons het die beste vir laaste gelos: daardie perfekte swembad wat ‘n briljante uitstig oor die stad geniet (danksy die huis se hoë ligging). Kan jy jou net voorstel hoe dit moet wees om rond te plas in daardie lieflike water met palmbome in die agtergrond? Of saam met vriende te kuier terwyl ‘n skitterende sterrenag bo jou glinster? 

Wat van iets soortgelyks, maar in Suid-Afrika? Kyk na Die Pretoria huis met super styl en spasie.

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا