Hier op homify word dit weer en weer bewys dat mens nie baie spasie kort om baie styl te geniet nie, hetsy dit nou ‘n moderne sitkamer, ‘n Mediterreense kombuis , of sommer ‘n hele woonstel/huis is. En vandag se homify 360° is geen uitsondering.
Kyk net hoe slim word daar gewerk met spasie in hierdie twee-vertrek huisie!
Sagte neutrale kleure word aan die buitekant gebruik – ‘n baie bekende metode om iets groter en skoner te laat lyk. En die kreatiewe afwerkings en toevoegings (soos die voordeur se traliewerk en die klein potplantjie in die venster) is tog te fraai.
Die neutrale kleure hou aan om hul skone styl uit te beeld aan die binnekant, waar bykans die hele vertrek in ‘n sagte wit omvou is. En aangesien die spasie maar min is, moes daar slim gewerk word met meubels en stoorplekkies.
‘n Dubbelbed is in die oopplan vertrek se hoek geskuif, waar ons ‘n tikkie patroon en kleur sien – ‘n wit bed in ‘n wit kamer sou net te veel gewees het!
En kyk net hoe help die beligting om die vertrek sagter te laat lyk.
Kom ons beloer nog so paar foto’s van hierdie klein spasie se super styl.