​14 briljante stoorplek-plannetjies vir die huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify الممر الحديث، المدخل و الدرج
Loading admin actions …

As daar nou een ding is wat geen huis genoeg van kan hê nie (behalwe wyn) is dit stoorplek. Dink bietjie aan al die goedere wat ons so opgaar deur die jare (klere, skoene, glase, ditjies en datjies… ) – dit moet iewers gebêre word! Maar mens kan ook net soveel kaste in ‘n kombuis en slaapkamer, koffietafels met laaie in ‘n sitkamer, en rakke teen die mure hê!

Dit beteken mens moet maar kreatief raak met die res van die huis se stoorspasies, soos hierdie voorbeeldjies vir ons wys…

1. Kyk waar in jou huis spasie gemors word, soos onderkant die trap.

2. Geen plek vir ‘n studeerkamer nie? ‘n Opvou lessenaar kan daardie probleem oplos.

3. Spieëls en badkamer kassies word al vir jare lank gekombineer!

4. Gepraat van kombinasies, kyk na hierdie pragtige (en praktiese) TV kas.

5. Rakke gebruik geen vloerspasie nie, wat hulle perfek maak vir klein vertrekke en hoekies.

homify مطبخ

6. Hierdie klein skoen-spasie wat onder die trap versteek word is briljant!

7. Jy kan ook kreatief raak en jou eie stoorspasies skep, soos hierdie rakkie van hout palette.

homify الممر الصناعي، الرواق، الدرج.

8. Wat van so ietsie in jou slaapkamer i.p.v. ‘n massiewe kas? As dit nie al jou klere kan vat nie, het jy dalk te veel.

homify غرفة نوم خزانة الملابس

9. Hierdie koffie taffeltjies wat lieflik ondermekaar inskuif vat minimum spasie!

Bauhaus Design, Connox Connox غرفة المعيشة طاولات جانبية و صواني

10. Dis mos nou hoe ‘n ordentlike spens gepak moet word!

11. Enige huis kan doen met ‘n buffet vir tafeldoeke, kerse, servette, en ditjies en datjies.

12. Hierdie stoorspasie vir vuurmaakhout is super prakties en word sommer deel van die dekor.

13. Maar moenie als sommer net so onder die trap gooi nie – kyk hoe netjies is hierdie kassies ontwerp.

homify الممر الحديث، المدخل و الدرج

​14. Ons is mal oor die klein-maar-kragtige rakkies wat in hierdie muur ingebou is!

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا