​10 kombuise en braai spasies perfek vir kuier

Johannes van Graan Johannes van Graan
Беседка в поселке Ропша, Студия дизайна интерьера Маши Марченко Студия дизайна интерьера Маши Марченко مطبخ
Loading admin actions …

As daar een ding is waarmee Suid-Afrikaners goed is dan is dit sosiaal verkeer (en eet), en dis juis om daardie rede dat ons hierdie 10 spasies opgesoek het, aangesien hierdie vertrekke elkeen stylvol en gerieflik genoeg is om ‘n menigte vriende te onthaal rondom ‘n menigte kospotte.

Van rustieke kombuise tot moderne stoepe, kom ons beloer bietjie hierdie 10 voorbeelde – en vat gerus al die inspirasie wat jy benodig vir jou kuierspasies tuis!

1. Enige vertrek met so ‘n stylvolle pizza oond in die hoek kry beslis ons stem!

2. Kyk hoe bekoorlik lyk hierdie moderne stoepie met sy houtvloer en baksteenbraai.

3. Ons is seker hierdie ontwerp kry oorgenoeg aksie, veral in die koue winter maande.

4. Is hierdie nie die perfekte uitleg vir ‘n naweek houthuisie iewers in die berge nie?

5. Daardie Mediterreense teëltjies werk net perfek om hierdie kombuis (met ingeboude braaier) bietjie karakter te gee!

6. Hierdie is mos nou ideaal vir ‘n kuiertjie met vars lug en ‘n mooi uitsig.

7. Dié oopplan kombuis sluit ‘n netjiese eetspasie in – en daar is weer ‘n pizza oond in die hoek!

8. Danksy die houtbar is hierdie kookspasie netjies aangelas aan die eet/kuier area in die agtergrond.

9. Die nie aldag dat mens só ‘n treflike kaggel ontwerp sien nie – die perfekte element vir hierdie stylvolle eetkamer.

10. Hierdie moderne hoekie, met sy kaggel en sitspasie, is net die plek vir ‘n sosiale aandjie, of hoe?

Ausstellungsräume Feuerkultur Quetlich, Wandkult Wandkult مطبخ ألواح المطبخ

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا